Die firma is sedert 1919 een van die Suid-Kaap se toonaangewende Prokureursfirmas. Die praktyk bestaan uit 'n Aktes afdeling, Litigasie afdeling en Boedel- en Kommersiele afdeling wat beman word deur ses prokureurs, ervare toegewyde personeel en 'n goed gevestigde infrastruktuur.
Hierdie word deur die firma in die staat gestel om te kan spesialiseer in bepaalde fasette van die reg om sodoende 'n beter en meer ingeligte diens aan ons kliente te kan lewer.
As gevolg van die sentrale liggin in die Suid-Kaap is die firma maklik toeganklik en beskikbaar vir sy kliente. Die firma is trots op sy lang verbintenis met Mosselbaai, die Suid-Kaap en Karoo.